In die lig van bedrog wat toeneem, het die JSE het ’n gratis, nuwe, gebruikersvriendelike hulpmiddel bekendgestel wat potensiële beleggers bemagtig om te kontroleer of die professionele finansiële persone met wie hulle onderhandel, geloofwaardig is voordat hulle enige beleggingsbesluite neem.

 

Published 20 May 2024
Posted by khashanem

Johannesburg, 17 Mei 2024 – Baie bedrieërs teiken mense wat hul geld wil belê en laat groei. Hierdie bedrieërs belowe dikwels groot winste met min of geen risiko nie, en mislei mense om hul geld te belê in hierdie skemas wat te goed klink om waar te wees. Die Johannesburgse Effektebeurs (JSE), wat hierdie risiko erken, het "Verifieer-'n-makelaar" bekend gestel – ’n aanlyn hulpmiddel wat ontwerp is om mense te help bevestig of die aandelemakelaars en finansiële diensverskaffers met wie hulle onderhandel, eg en geloofwaardig is. Hierdie hulpmiddel ondersteun enigiemand wat veiliger beleggingskeuses wil maak deur te verseker dat hulle slegs met wettige professionele mense en besighede onderhandel.

Aandelemakelaars is professionele mense wat ondersteuning bied met die koop en verkoop van aandele op markte soos die JSE. Enigiemand wat in aandele wil belê kan genoodsaak wees om van hulle gebruik te maak, omdat hulle die kundigheid en hulpmiddels het om verhandelings doeltreffend uit te voer. Buiten aandelemakelaars is daar ander soorte finansiële diensverskaffers, of FDV's, wat 'n verskeidenheid van finansiële dienste verskaf. Dit sluit finansiële adviseurs, fondsbestuurders en versekeringsmakelaars in, wat elkeen 'n unieke rol speel om beleggings te help bestuur. "Verifieer 'n makelaar" bevestig die egtheid van hierdie onderskeie finansiële kundiges, en verseker dat hulle wettig is.

Die "Verifieer-'n-makelaar"-hulpmiddel werk deur 'n gekonsolideerde oorsig van die JSE-aandelemakelaarsdatabasis te voorsien uit die databasis wat deur die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) bestuur word. Die FSCA is die reguleringsliggaam wat oor die finansiële professionele persone en organisasies in Suid-Afrika toesig hou. Elke finansiële diensverskaffer, waaronder aandelemakelaars, moet by die FSCA geregistreer wees om volgens wet te werk. Deur ‘n soektog uit te voer waar u die organisasie se naam of die finansiële diensverskaffer se nommer teen hierdie databasis opweeg, verseker die instrument dat die finansiële, professionele persone wat u as ’n belegger oorweeg, amptelik erken word en aan alle regulatoriese standaarde voldoen, en u derhalwe gemoedsrus gee wanneer u besluit om deur hulle te belê.

“Die instrument is maklik om te gebruik en help almal – van grootouers wat vir hul kleinkinders belê tot jong professionele persone geïnspireer deur finansiële beïnvloeders op sosiale media – om te verseker dat hul finansiële professionele persone geloofwaardig is. Ons wil hê Suid-Afrikaners moet vertroue hê en ingelig wees wanneer hulle met hul swaarverdiende geld beleggingsbesluite neem. Hierdie hulpmiddel maak die beleggingsproses deursigtiger en veiliger", het Nongcali Rubushe, hoof van kleinhandel en sakebemagtiging by die JSE gesê.

Hoe om 'n bedrogspul te identifiseer

’n Bedrogspul jaag mense dikwels aan om dringend te belê en plaas druk op hulle om nie die geleentheid mis te loop om groot winste te maak uit ’n "gewaarborgde" belegging nie. Een algemene lokval is die voorafbetalingsbedrog, waar bedrieërs vooraf geld vra en later groter winste belowe. Nog ’n bedrogspul is telebemarkingsbedrog, waar bedrieërs voorgee om werknemers of konsultante van die JSE te wees om mense oor die telefoon om die bos te lei. Hulle skep ook vals JSE-profiele op sosiale media en webtuistes om geld of persoonlike inligting te steel.

Die JSE of enige van hul verteenwoordigers sal nooit bel om u persoonlike inligting te verkry of u vra om geld oor die telefoon te belê nie. Die enigste manier om direk op die JSE te belê, is deur 'n gemagtigde aandelemakelaar, en 'n lys van aandelemakelaars kan by www.jse.co.za/brokers/find-a-broker gevind word.

Beskerm uself teen bedrog

"Indien dit te goed klink om waar te wees, ís dit gewoonlik. Doen onafhanklik navorsing oor enige beleggingsgeleentheid, afsonderlik van wat enige verkoopspersoon of webwerf aan u voorsien. Moet nooit inderhaas by 'n beleggingsgeleentheid betrokke raak nie. Indien u aangejaag word, of aangesê word om dit nie met ander te bespreek nie, is dit waarskynlik dat u bedrieg word. Daar is nie soiets soos 'n gewaarborgde opbrengs op belegging nie," het Rubushe gesê.

"Vir ons by die JSE is die sleutel om beleggers te beskerm en finansiële geletterdheid intrinsiek te maak. As die grootste beurs in Afrika is ons akuut bewus van die rol wat ons speel om ons samelewing op te hef en mense uit alle agtergronde toe te rus met die gereedskap en inligting wat hulle in staat stel om hul finansiële belange te beskerm, ingeligte besluite te neem, en hul beleggingsdoelwitte met selfvertroue na te streef." 

Om die "Verifieer-’n+-makelaar"-hulpmiddel te gebruik, besoek https://www.jse.co.za/verify-a-broker-or-fsp. Indien u ’n potensiële bedrogspul teëkom, rapporteer dit onmiddellik deur ’n e-pos te stuur na [email protected].

EINDIG

OOR DIE JSE

Die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) het ’n goed gevestigde geskiedenis as ’n mark vir die verhandeling van finansiële produkte. Dit is ’n baanbrekende, internasionaal verbinde beursgroep wat inklusiewe ekonomiese groei deur vertroude, wêreldklas-, sosiaal verantwoordelike produkte en dienste vir die belegger van die toekoms te bewerkstellig. Dit bied veilige en doeltreffende primêre en sekondêre kapitaalmarkte oor 'n diverse reeks sekuriteite, waaronder aandele-, derivate- en skuldmarkte. Die JSE is trots daarop om die voorkeurmark te wees vir plaaslike en internasionale beleggers wat blootstelling aan die voorste kapitale markte op die Afrikakontinent nastreef.

Die JSE is tans onder die top-20- grootste aandelebeurse ter wêreld en is die grootste aandelebeurs in Afrika volgens markkapitalisasie, wat al meer as 136 jaar in bedryf is. As 'n toonaangewende wêreldbeurs skep die JSE saam met jou, ontsluit waarde en laat egte verbintenisse plaasvind.www.jse.co.za 

Die JSE neem u privaatheid ernstig op in ooreenstemming met die POPI-wet. Ons onderneem om slegs toepaslike inligting wat ons dink van belang sal wees vir u en die mediatitel waar u werk, vir u aan te stuur. Geen optrede word vereis indien u tevrede is om aan te hou om JSE-nuus en -inligting te ontvang nie. As u te eniger tyd in die toekoms van plan verander, laat ons asseblief weet. Indien u nie JSE-nuus en -inligting wil ontvang nie, reageer asseblief op hierdie e-pos en ons sal u van toekomstige distribusies verwyder.

JSE- algemene navrae:

E-pos: [email protected]

Tel: 011 520 7000

JSE-mediakontakpersoon:

Paballo Makhetha

Kommunikasiespesialis

Tel: 011 520 7331 | Selfoon: 066 261 7405

E-pos: [email protected]